SPEKBOME is deesdae die ster van die internasionale klimaatsverandering-show. Dis die Greta Thunberg van die plantwêreld en word voorgehou as die eenstop-antwoord op ons koolstofprobleme.
Dié oulike inheemse vetplant (Portulacaria afra) en darling van die media, plaaslik en internasionaal, groei maklik en is droogtebestand. Almal wil dit nou orals plant vanweë hierdie “wonderplant” se besonderse vermoë om koolstofdioksied uit die atmosfeer te verwyder. “Aanvaar die #spekboomchallenge: plant 'n spekboom en doen jou deel om klimaatsverandering te bekamp'' is die refrein op sosiale media.
Dis maklik – pluk net 'n steggie, druk dit in die grond, gee bietjie water en siedaar, jy het 'n nuwe spekboompie. Stadsrade, besighede en nie-regeringsorganisasies het ook reeds groot plant-planne. Kaapstad se stadsraad wil 100,000 spekbome aanplant, 'n wynplaas in die Klein Karoo 1 miljoen en naby Stellenbosch word 'n enorme spekboomlabirint in fynboswêreld aangelê...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.