DIE SONDES VAN DIE VADERS
Tragedie van ’n gesinsmoord: Hoe dit daarop neergekom het
Die sielkundige LOUIS AWERBUCK skryf oor 'n man wat bestendigheid gekies het. Maar met terugslag ná terugslag het sy vrou se angstige verwyte, sy ma se benoude stilte, en die kinders se gedragsprobleme dienooreenkomstig vermeerder saam met die paniek en druk wat binne-in hom opgebou het.
DIE SONDES VAN DIE VADERS
Tragedie van ’n gesinsmoord: Hoe dit daarop neergekom het
Die sielkundige LOUIS AWERBUCK skryf oor 'n man wat bestendigheid gekies het. Maar met terugslag ná terugslag het sy vrou se angstige verwyte, sy ma se benoude stilte, en die kinders se gedragsprobleme dienooreenkomstig vermeerder saam met die paniek en druk wat binne-in hom opgebou het.
Deel
DIT kan nie betwis word dat hy swaar grootgeword het nie, en om die waarheid te sê het hy eintlik maar net oorleef in ’n wêreld waar die statistieke van die begin af teen hom was. Soos sy ouers ook net-net oorleef het, maar op ’n ander manier. Sy pa wat so gedrink het, is gereeld afgedank. Dan moes hulle trek na waar daar werk was.
Hy was in vyf laerskole en drie hoërskole, en elke keer het sy ma se woedebuie vir sy pa, asook sy pa se versugting na die bottel saam getrek. Hy was gelukkig sterk en vinnig en kon met ’n paar prestasies op die sportveld homself op ’n manier handhaaf tussen al die skole. Ná afloop van die meeste van die byeenkomste, in die skoolbus, het hy voorgegee dat hy nie honger of dors is nie. In die oë van die ander kinders, wat sakgeld gehad het om eetgoed en koeldrank te kon koop, het hy taai en in beheer voorgekom.
Dit was moeilik vir hom om vakansiewerk te kry, want netnou is hy soos sy pa en mens weet nie of mens hom kan vertrou nie, het die winkeliers op die dorp geredeneer. Hy kon die spanning by sy ma aanvoel as sy pa, soos gewoonlik ná ’n jaar of twee, begin laat opdaag by die werk. Hy het die koeverte met laaste aanmanings geken, en ook die wegkruip agter toegetrekte gordyne as die skuldinvorderaars aan die deur klop...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelLouis Awerbuck
Sielkundige en skrywerLouis Awerbuck is ’n kliniese sielkundige en skrywer van Stellenbosch.