Hoe om te drink in die land van dop en tjop

TJEERS!

Hoe om te drink in die land van dop en tjop

Om goed en volhoubaar te drink is ’n kuns, meen BIANCA DU PLESSIS. Ons leer nie ons kinders hoe om reg te drink nie, want ons is nooit geleer nie.

  • 01 Oktober 2021
  • Mense & Kultuur
  • 9 min om te lees
  • artikel 13 van 28
  • Bianca du Plessis

GOED drink en goed eet behoort nie veel te verskil nie. Goeie bestanddele, ’n betroubare resep, met liefde gemaak en mooi voorgesit. In haar boek How to Drink deel Victoria Moore wenke om elke oomblik van die dag met elegante, vloeibare genotlikheid te vier. Sy vind ’n tyd en ’n plek vir alles, van eksotiese tee tot duur, droë Franse sjampanje, maar ook truuks om goedkoop supermarktreffers op te tert.

Haar boodskap is eenvoudig en mooi: Behandel wat jy drink met dieselfde respek as dit wat jy eet. Maar Victoria se wêreld is ’n verfynde, gegoede een waar gesofistikeerde sopies ’n sepia-toon aan alles verleen. Sy drink byvoorbeeld graag ná ’n lang oggend se tuinmaak net een teelepel van haar gunsteling vermoet. Om haar luim te verbeter voor sy begin aandete maak ...

Voor ons by die fynere kunsies van drink kom, moet die pienk olifant in die vertrek eers aangespreek word. Ons is ’n land van fuifdrinkers (“binge drinkers”). ’n Studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie in 2016 het bevind dat Suid-Afrika ’n hoë getal geheelonthouers het; ’n indrukwekkende 69% van die volwasse bevolking drink nie. Maar die 31% wat wel alkohol gebruik ... O, gonna! Hulle drink met soveel entoesiasme dat ons steeds per capita die vyfde grootste verbruikers op aarde is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.