Ons moet aanhou praat met ons geskiedenis

GEDAGTES RONDOM ERFENISDAG

Ons moet aanhou praat met ons geskiedenis

Ons erfenis is ryker as wat ons dink, en behoort nie onstabiliteit en gebrekkige samehang te veroorsaak nie, meen ISMAIL LAGARDIEN.

EK gaan nou seker soos ’n plaat klink wat vasgehaak het, want ek het al in vorige uitgawes oor sekere erfeniskwessies geskryf. Maar ek is seker ek sal vergewe word! Ek skryf dikwels oor identiteitspolitiek, hoewel ek nie regtig van die onderwerp hou nie.

In elk geval, ons het verlede week Erfenisdag gevier. As ’n sosiale demokraat wat nie glo mense moet elke minuut van die dag werk nie, is ek glad nie daarteen gekant dat mense afdae moet hê om saam met hulle geliefdes te kuier of net rond te stap en absoluut niks te doen nie, behalwe om asem te haal en na die wêreld te kyk. My sielshonger word buitendien gevoed wanneer ek na die naghemel kyk en my kan verwonder aan die eindeloosheid van ons heelal, en wat ook al daar agter lê.

Terug by die idee dat van mense verwag word om elke minuut van die dag te werk. Ek het toe nooit daai gedagte opgevolg dat die ontdekking van die gloeilamp gemotiveer is deur die drang om mense te dwing om deurnag op strate, in fabrieke of ondergronds in myne te werk nie. Maar ek onthou ek het gelees dat die naglewe vóór die gloeilamp glad nie so mistroostig was as wat ’n mens dink nie. Maar laat ek nie afdwaal nie .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.