Die swaard en onthoofding: ’n geskiedenis wat in bloed geskryf is

EEUE AL ’N SKRIKWEKKENDE REIS

Die swaard en onthoofding: ’n geskiedenis wat in bloed geskryf is

Openbare onthoofding is en was deur die eeue heen weersinwekkend barbaars. ISMAIL LAGARDIEN het op die pad van die geskiedenis teruggestap om meer lig op hierdie gruwelike manier van teregstelling te werp – en waarom dit vandag nog toegepas word.

ONTHOOFDING – nie ’n onderwerp vir papbroekiges nie. In die huidige klimaat, deurdring soos dit is deur Islamofobie en kru Oriëntalisme, rondom argumente oor die voortgesette  waarde van “die Europese Verligting” en “die ondergang van die Westerse beskawing”, kan dit nie genoeg herhaal word nie: Die gebruik van onthoofding of koppe wat in die openbaar afgekap word, is en was nog altyd wreed en barbaars.

Wat ek ook al in hierdie artikel aandui, word nie gedoen om dit te verskoon of as die een of ander soort regverdiging of “whataboutism” voor te stel nie. Openbare onthoofding kom bloot op wreedheid neer. En wat dit selfs erger maak, is dat dit op grond van godsdienstige leerstellinge gedoen word.

Ondanks dit alles het ek, nadat die Taliban beheer oor die grootste deel van Afghanistan verkry en Kaboel bloot binnegery het, diep in my bewussyn gaan delf om hulle wrede optrede te probeer verstaan. Ek het spesifiek probeer verstaan wat magte soos die Islamitiese Staat (gebruik as ’n saamgesmelte uitdrukking vir die Islamitiese Staat van Irak en die Levant; die Islamitiese Staat van Irak en Sirië, en vir Daesj, die “al-Dawlah al-Islamīyah fī l-ʻIrāq wa-sh-Shām”) of die Taliban hoop om met openbare onthoofdings te bereik. Kom ons begin met ’n klein reis .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.