Hoe om te weet wanneer die wêreld gaan eindig

UITSPANTYD VIR DIE UITSPANSEL

Hoe om te weet wanneer die wêreld gaan eindig

Die Oordeelsdag-perde is opgesaal, die ramshorings blaas, die hemele skeur, die aarde bewe en die magte van Lig en Duisternis is teenoor mekaar opgestel vir die Laaste Veldslag. Daarom reken WILLEM KEMPEN dis veilig om aan te neem dis Sulke Tyd ... of is dit?

VIR ongeveer 150,000 mense was gister hul laaste dag (https://www.medindia.net/patients/calculators/world-death-clock.asp) op hierdie aarde.

Ons kan maar net bespiegel oor hoeveel van hulle dit sien kom het, hoeveel van hulle nou een of ander vorm van lewe ná die dood ervaar, of oor hoeveel van hulle dalk nog ’n rukkie ondergronds sal moet wag vir die volgende hoofstuk (indien enige). Of oor hoeveel se enigste verdere bydrae gaan wees om ’n bietjie bemesting vir 'n klein stukkie aarde te verskaf.

As ons aanneem dat gister ’n statisties gemiddelde dag was, dan kan ons raai dat baie van hierdie 150 000 mense nie hul lewe juis geniet het nie. Baie van hulle het waarskynlik hul laaste dae honger en in ellendige armoede deurgebring. Baie van hulle het nie lank genoeg geleef om te leer lees en skryf of onderrig te word in die weë en voorskrifte van watter opperwese hul ouers of gemeenskap ook al in glo nie. Baie van hulle was selfs nooit op Facebook nie, of het andersins nooit die luukse gehad om die leidrade in een of ander antieke geskrif te probeer uitpluis oor wanneer die mensdom dalk tot ’n gesamentlike dramatiese einde gaan kom nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.