Meer privaatheid is goed en wel, maar ons gaan nog worstel met dié wet

POPI SKOP IN VIR BESIGHEDE

Meer privaatheid is goed en wel, maar ons gaan nog worstel met dié wet

Hopelik het jy al teen dié tyd drasties anders begin dink oor jou eie en ander mense se inligting wat iewers op ’n manier bewaar word, want oor minder as twee weke tree Suid-Afrika se wet oor die beskerming van privaatheid ook vir besighede in werking, skryf WILLEM KEMPEN.

AS jou dag vanoggend weer begin het met ’n oproep van ’n nommer wat jy nie ken nie en een of ander geblikte stem wat “Good morning!” op jou gil, dan sien jy dalk uit na die einde van die maand. Tog besef baie van ons nog nie hoe ingrypend die nuwe wet omtrent elke aspek van ons lewe kan raak nie.

Hoewel die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, algemeen bekend onder die Engelse afkorting Popi of Popia, reeds verlede jaar in werking getree het, het besighede ’n jaar grasie gehad om daaraan te voldoen. Dié grasie verstryk einde Junie, so op 1 Julie kan die Inligtingsreguleerder (https://www.justice.gov.za/inforeg/),  die owerheid wat tot stand gekom het om die nuwe wet te polisieer, teoreties meer tande begin wys.

Of dít in die praktyk gaan gebeur, moet ons nog sien. Suid-Afrikaners het nie juis hoë verwagtinge dat die regering so goed gaan wees met die afdwing van wette as wat die parlement met die opstel daarvan is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.