Van voor af verlief op ’n skedonk

KYK HOE HARDLOOP HY!

Van voor af verlief op ’n skedonk

Ons verhouding met die Suid-Afrikaanse geldeenheid is 'n bietjie soos om elke nou en dan weer oortuig te wees jou stokou tjor is 'n heerlike ryding, skryf DEON GOUWS.

KEN jy die stokou grappie oor die verkoopsverteenwoordiger wat probeer het om sy 20 jaar oue kar waarin hy die land deurkruis het te verkoop? Niemand het gereageer op sy Autotrader-advertensie nie, bes moontlik omdat die voertuig meer as 500,000 kilometer agter die blad gehad het. Die verkoopsman beraam toe 'n blink plan: Hy vat die kar na 'n werkswinkel toe en pleit dat hulle help om die kilometerteller terug te draai. 'n Week of wat later loop hy 'n vriend raak wat uitvra oor die verkoop van die voertuig, waarop hy antwoord: “Hoekom sal ek ooit wil ontslae raak van die ding? Daar’s immers net 5,000 kilometer op die klok!”

Elke keer wat die Suid-Afrikaanse rand verstewig teen die res van die wêreld se geldeenhede, dink ek aan hierdie storie. Van 'n laagtepunt van meer as R19 teen die dollar toe die Covid-krisis op sy ergste was verlede  jaar het die rand se relatiewe internasionale koopkrag intussen met meer as 40% toegeneem in 14 maande – voorwaar 'n besonderse vertoning. Teen hierdie agtergrond is daar al hoe meer mense wat op 'n daaglikse basis begin om die rand te loof en prys.

Verlede week sien ek 'n grafiek wat die prestasie van die JSE oor 12 maande tot die einde van Mei aantoon (nie minder nie as 55% in dollar-terme). Nog interessanter was dat die Suid-Afrikaanse aandelebeurs veel beter gevaar het as dié van elke enkele land in die G7 oor dieselfde periode. Die oorwinningsmarge het gewissel van 10% (relatief tot Kanada, die G7-lidland wat naaste aan Suid-Afrika geëindig het), tot amper 35% (in die geval van Japan, wat die agterhoede gedek het oor die betrokke jaar). Dit vat nie te veel grysstof om uit te werk dat die meeste van die JSE se prestasie te danke was aan die rand se onlangse stormlopie nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.