IETS wat die meeste mense buite die VSA waarskynlik nie weet nie, is dat elke stembriefie in hierdie land se presidensiële verkiesing ’n spasie insluit waar jy enige naam van jou keuse kan neerskryf en dan vir daardie individu kan stem. Daar is derhalwe niks wat ’n mens keer om ’n kruisie te trek agter jou eie naam, of dié van jou skoonma, haar skoothondjie of die persoon wat jou mees onlangse tatoeëermerk aangebring het nie.
In 2016 was dit vir ’n groot aantal Amerikaanse stemgeregtigdes baie moeilik om tussen twee vure te kies, toe Hillary Clinton én Donald Trump gesukkel het om by die kieserspubliek aanklank te vind. Tot soveel as 11,000 mense het gevolglik na bewering daardie jaar gestem vir Harambe, ’n 17 jaar oue silwerrug-gorilla wat tragies doodgeskiet is toe ’n kind ’n paar maande voor die verkiesing by sy hok in ’n Ohio-dieretuin ingeval het.
Vandag staan die Amerikaanse kieser voor ’n ewe moeilike keuse tussen twee kandidate wat albei aan die verkeerde kant van 70 staan...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.