’n Klein bietjie Bitcoin

SOOS 20 LOTERYKAARTJIES

’n Klein bietjie Bitcoin

DEON GOUWS vertel hoe hy sy tone in die water gesteek het met Bitcoin, van die moeisame proses, en hoe hy dit steeds as ’n effense lotery sien.

AAN die begin van 2014 maak een van ons kliënte ’n afspraak om oor Bitcoin te gesels. Dit sal onvanpas wees om sy ware identiteit weg te gee, so kom ons noem hom sommer Frik.

Die meeste kliënte wat vra om oor Bitcoin te gesels wil weet wat ons daarvan dink, en of dit ’n goeie idee is om kripto-bates aan te skaf. Nie Frik nie: Sy agenda was min of meer die teenoorgestelde, naamlik om ons daarvan te oortuig dat hierdie ’n beleggingsgeleentheid soos min was.

Frik is ’n slimme kêrel en ’n vermoënde sakeman met ’n sterk persoonlikheid, iemand na wie mens luister. So vertel hy ons daardie dag hoe hy die meeste van sy eie geld in Bitcoin omgeskakel het. Hy sit sy redes uiteen, en hy deel met ons sy optimistiese uitkyk vir die belegging. Hy was voorwaar sy tyd jare vooruit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.