VORIGE dokumente van die Verenigde Nasies (VN) se inter-regeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) het nog ewe versigtig gesê aardverwarming is “hoogs waarskynlik” weens industrialisasie. Die IPCC-verslag (https://www.ipcc.ch/2021/08/09/ar6-wg1-20210809-pr/) wat Maandag uitgereik is, sê dit egter sonder omhaal: Industrialisasie ís die rede. En ons tyd is besig om uit te loop.
Die woordkeuse is belangrik, want sonder ’n gedeelde siening van die krisis – en selfs oor óf daar hoegenaamd ’n krisis is – gaan ons op dieselfde selfvernietigende pad bly voortsnel.
“Daar is geen twyfeltaal in die stelling nie omdat daar geen twyfel is dat aardverwarming deur menslike aktiwiteit en die verbranding van fossielbrandstowwe veroorsaak word nie,” sê prof. Friederike Otto, ’n klimatoloog aan Oxford en een van die medeskrywers van die IPCC se verslag...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.