Afhanklike kinders én ouers: stories uit die frontlinie van...

WAT NOU?

Afhanklike kinders én ouers: stories uit die frontlinie van die toebroodjiegenerasie

Drie vroue. Drie stories van die oorlogsfront van die nuwe middeljare. Mense in hulle 40'en 50's wat finansieel en emosioneel moet omsien na kinders en bejaarde ouers. Dit is vir baie 'n drukpot van spanning en skuldgevoel. En vir ander is daar 'n uitbranding wat net onder die oppervlak prut. ANNELIESE BURGESS vertel.

EEN uit vier. Dit is die statistiek vir die toebroodjiegenerasie in Suid-Afrika. Met 'n wêreldbevolking wat langer leef en dus ouer word en met vroue wat later in die lewe kinders het, sal 'n kwart van alle Suid-Afrikaners in 'n stadium afhanklike kinders én ouers hê.

Die finansiële druk kan swaar wees, maar selfs waar ouers geldelik onafhanklik is, kan die druk van omsien na die emosionele en fisieke sorg van bejaarde ouers 'n geweldige bron van stres wees. En die druk val oneweredig op vroue. Judy Rankin, 'n sielkundige in privaat praktyk in Oos-Londen, sê vroue sukkel soms om oor hierdie stres te praat omdat baie van hulle kultureel gesosialiseer is om versorgers te wees en skuldig voel om daaroor te kla. 

Liezel..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.