Van Krotoa na Eva na Wilcocks en terug

TRAGIESE VERHAAL

Van Krotoa na Eva na Wilcocks en terug

'n Klein stormpie het losgebars omdat die Universiteit Stellenbosch besluit het om die R.W. Wilcocks-gebou op die kampus na Krotoa te herdoop. Sy was 'n barbaar, 'n hoer en 'n dronklap, is die basiese strekking, en verdien geen erkenning nie. Is dit verstommende onkunde, of is dit kru bevooroordeeldheid, wonder MAX DU PREEZ.

DIE Khoe (Khoena, Khoekhoen, Khoikhoi, wat jy ook al verkies) en die San of Boesmans was Suider-Afrika se oorspronklike mense, die eerste nasies wat die oudste kulture in die mensdom beoefen het en die oudste tale gepraat het.

Maar soos met die Aborigine van Australië, die Inuïet-groepe van Kanada, Groenland en Alaska, die inheemse Amerikaners (in ou Afrikaans is hulle Rooihuide genoem), die pigmeë van Sentraal-Afrika en Polinesiese groepe soos die Maori gebeur het, het latere aankomelinge hulle as barbare gesien en soos halfmense behandel. In baie gevalle duur dié vooroordeel en gepaardgaande diskriminerende behandeling vandag nog voort.

Die eerste Europeërs wat van 1487 af met die Khoe te doene gekry het, het halfkaal mans en vroue in diervelle en vetgesmeerde lywe gesien wat 'n vreemde kliektaal gepraat het. Die reisigers, amptenare en sendelinge het in hulle geskrifte duidelik laat blyk wat hulle van dié mense gedink het: lelik, stink, dom en onbetroubaar. Die Europese setlaars het besluit om self 'n naam vir dié groep mense uit te dink: Hottentotte...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X