Oproer en plundering: ’n wekroep eerder as ’n doodskoot

TIK, TIK, TIK

Oproer en plundering: ’n wekroep eerder as ’n doodskoot

Die week van geweld en plundering wat Suid-Afrika se fondamente geskud het, is dalk ’n bedekte seën – ás dit ons werklik laat wakker skrik het, skryf MAX DU PREEZ. Maar hy waarsku dat die rooi ligte in KZN flikker.

MY eerste waarskuwing dat Suid-Afrika “op ’n tikkende tydbom” sit, het ek al in 1985 in ’n meningsartikel in Financial Mail geskryf. Ek het wel na die landwye opstande en stakings van die tyd verwys, maar veral die punt gemaak dat ons bittere geskiedenis en skeurlyne van ongelykheid, armoede, werkloosheid, ras en klas ’n kataklisme min of meer onvermydelik maak.

Ja, ek was jonk en naïef, maar dié soort vooruitskouing is tevore en daarna ook deur van die heel beste ontleders en kommentators gedoen. Sommige doen dit nou weer. “South Africa is falling apart,” het The New York Times (https://www.nytimes.com/2021/07/28/opinion/south-africa-violence-anc.html?smid=wa-share) byvoorbeeld dié week verklaar.

Met sy bloedige geskiedenis en komplekse bevolkingsamestelling lyk Suid-Afrika soos ’n ideale resep vir konflik, selfs ’n burgeroorlog. Vir geslagte lank al vertel Afrikaanse mense vir mekaar dat Siener van Rensburg en/of Johanna Brandt ’n “nag van die lang messe” voorspel het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.