Wie gaan uit die Uniegebou trek?

STADIG OOR DIE KLIPPE

Wie gaan uit die Uniegebou trek?

Ramaphosa skommel nie maklik sy kabinet nie, maar hy kan ook nie langer die land stoksielalleen bestuur nie, skryf PIET CROUCAMP oor die oproepe dat die president dringend die kabinet moet wysig.

PRESIDENT Cyril Ramaphosa het die afgelope twee maande die ministeriële mandaat van sy mees senior minister, Gwede Mantashe, betree en 'n regime-verandering in die departement van minerale bronne en energie veroorsaak.

Vroeër vanjaar het hy Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, en Tito Mboweni van die tesourie onder druk geplaas om die NSFAS-probleem op te los deur die staatsbeursie se bek effens wyer te rek. Die afgelope week het Ramaphosa eenvoudig die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, se onbeholpenheid aangespreek deur eensydig aankondigings te doen oor verlengde staatstoelaes aan werkloses. Mboweni moes inderhaas 'n skrywe uitreik om die nuwe uitgawes te regverdig in die konteks van onverwagte inkomstes uit mynbelastings, maar hy moes ook terugkrabbel deur daarop te wys dat staatsbesteding steeds op besnoeiing ingestel is.

Die president het al drie ministers in die sekuriteitsgroepering gedwing om in te koop op sy definisie van die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng, al het hulle gedink dit is bloot die bandeloosheid van armoediges en booswigte eerder as 'n aanslag op die staat. Ek hoop nie die presidensie skryf weer 'n aanmaning aan Vrye Weekblad nie, maar ek gaan weer sê dat adjunkpresident David Mabuza se reis na Rusland nie goed afgegaan het by die president nie en dat Ramaphosa voorskriftelik was wat betref die verlof en reiskoste van sy adjunk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.