Mosambiekse mag: Ons gaan soos die flentergatte lyk

ONTPLOOIING GAAN BILJOENE KOS

Mosambiekse mag: Ons gaan soos die flentergatte lyk

Die weermag se vredesingryping in Mosambiek dreig om in 'n verleentheid of afgewaterde poging te ontaard weens die aanhoudende en drastiese snitte aan die verdedigingsbegroting en die aftakeling van die weermag se operasionele vermoë. ERIKA GIBSON doen verslag.

BURGERMAGLEDE is tot op Twitter opgeroep sodat die weermag stewels op die grond kon kry om die polisie te help om die geweld en plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng in bedwang te kry. Die weermag het eenvoudig nie die 25,000 soldate beskikbaar gehad wat tot 12 Augustus met dié doel ontplooi is nie.

Met ons vredesverpligting teenoor die Verenigde Nasies in die Demokratiese Republiek van die Kongo en 2,800 soldate wat moet grenspatrollies doen, was die grootste gedeelte van die gevegsmag reeds toegedeel.

Die veiligheidsmagte is met die spreekwoordelike broek op die knieë gevang met die pas afgelope geweld, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minster van verdediging, op televisie erken. En nou is dieselfde broek om die enkels met ons ontplooiing in Mosambiek. Dié ontplooiing, van 15 Julie tot 15 Oktober, is 'n internasionale verpligting teenoor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wat terrorisme en ekstremistiese geweld in die noordelike Cabo Delgado-provinsie met 'n ingrypingsmag bestaande uit onder andere Suid-Afrika, Botswana, Angola en Tanzanië wil hokslaan. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.