DIT was so twee weke gelede dat die gedoemde SSA-operasie se besonderhede in City Press (https://www.news24.com/citypress/news/robert-mcbride-is-suspended-following-the-bungled-mozambique-operation-20210708) en op ander nuusplatforms gepubliseer is. In kort het dit daarop neergekom dat vier SSA-operateurs met hommeltuie en al in Maputo gearresteer en toe vir nege dae aangehou is. Hulle het glo nie die mandaat van óf die SSA óf Suid-Afrika óf die Mosambiekse owerhede gehad vir die operasie waarmee hulle doenig was nie.
Hulle was besig om inligting te bekom oor die situasie in Cabo Delgado in die noorde van Mosambiek waar gewapende en ekstremistiese milisies al vier jaar lank 'n toenemende skrikbewind voer. Die aanvalle het in Maart 2021 'n piek bereik toe 'n paar honderd buitelanders – onder wie Suid-Afrikaners – in Palma vasgekeer was. Die meeste van hulle was betrokke by konstruksiewerk vir Total se gasaanleg by Afungi naby Palma.
Die SSA-span was luidens die berigte dae lank sonder verbinding na hul base in Pretoria totdat een, slegs bekend as “Robert”, glo in staat was om kontak te bewimpel. Die minister van staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, moes blykbaar toe vervaard ingryp en by die Mosambiekse regering gaan pleit om haar spioene vry te laat nadat hul hommeltuie en paspoorte deur die Mosambiekers gekonfiskeer is. Dit was boonop te midde van verskeie troika-vergaderings in Mosambiek waar leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) vergader het om die ontplooiing van 'n SAOG-ingrypingsmag te bespreek...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.