DIÉ Zimbabwiërs is nie alleen nie. Hulle tydelike vrystellingspermit (Zimbabwean Exemption Permit) en ’n soortgelyke spesiale permit vir Angolese burgers verval op 31 Desember vanjaar. Met slegs ses maande oor, sê die departement van binnelandse sake nog bloedweinig oor wanneer ’n beslissing hieroor gaan kom.
Siya Qoza, woordvoerder vir dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het op ’n rits vrae van Vrye Weekblad bloot geantwoord dat ’n “aankondiging oor die ZEP mettertyd gemaak sal word”. Hy kon nie sê wanneer nie.
Dieselfde geld die Angolese permit. Onder die Zimbabwiërs, van wie nagenoeg 197,000 in 2017 vir die ZEP aansoek gedoen het, is ook die grootste groep wat in regeringsposte dien. Dit sluit in onderwysers in veral die landelike skole in Limpopo en verpleegsters en dokters in hospitale oor die hele land heen. Tientalle studente studeer ook aan plaaslike universiteite...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.