LUIDENS ’n vroeëre voorlegging aan die gesamentlike parlementêre komitee oor verdediging het dit die weermag van 2010-’11 tot 2019-’20 R182 miljoen gekos om die dienste wat veronderstel is om deur die militêre hospitale verskaf te word, aan private hospitale uit te kontrakteer. In die twee jaar tot einde Maart volgende jaar is dié uitgawes luidens die verdedigingsbegroting begroot op R261.7 miljoen en R708 miljoen.
Kort voor die eerste aanslag van die Covid-pandemie is ’n memorandum van verstandhouding tussen die weermag en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (OBSA) gesluit waarvolgens dié bank as implementeringsagent sou optree om die gemors met die hospitale uit te stryk.
Die OBSA het basies vir drie jaar as tussenman opgetree om die werk bloot uit te kontrakteer en in die proses ’n gesonde R10 miljoen vir elke R150 miljoen aan “agentfooie” te verdien. Die weermag moet vir elke projek vooruit betaal voordat ’n steek werk gedoen word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
‘Wynand du Toit het gepanic’ – dis ‘elke man vir homself’