Onskuldiges afgemaai terwyl niémand by die reëls probeer hou

SLAGTING IN MOSAMBIEK

Onskuldiges afgemaai terwyl niémand by die reëls probeer hou

Tuisgemaakte bomme in gasbottels en handgranate wat uit helikopters geslinger word is die soort oorlogvoering wat ’n mens in lande soos Sirië of Jemen verwag, maar ’n verslag deur Amnestie Internasionaal oor menseregtevergrype in die noorde van Mosambiek wys dat soortgelyke praktyke daar gepleeg word. ERIKA GIBSON het die verslag bekyk.

DIT is die tweede internasionale verslag hierdie waarby Suid-Afrikaners as privaat militêre operateurs (PMC’s) in konflikte in Afrika geïdentifiseer is. Twee weke gelede is ’n verslag deur ’n paneel van kundiges wat die verbreking van wapensanksies in Libië deur lande, maatskappye en individue ondersoek het, laat uitlek kort nadat dit by die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies se sanksiekomitee ingedien is.

Verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye word in die verslag genoem. In dié geval het hulle in 2019 ses helikopters uit Suid-Afrika na die opposisiemagte van genl. Khalifa Haftar in Libië via Botswana versend. Erik Prince, ’n oudsoldaat van die VSA en  berug in PMC-geledere nadat operateurs van sy maatskappy, Blackwater Security Consulting, in 2007 in Afganistan minstens 17 burgerlikes tydens ’n massa-aanval afgemaai het, is in Libië ook as die baasbrein agter dié operasie identifiseer.

Amnestie Internasionaal se verslag getiteld “What I saw is death” is kort op die hakke van die Libiese ondersoek uitgereik, en skets ’n prentjie wat wys dat Suid-Afrikaners, die Mosambiekse veiligheidsmagte en die insurgente in Cabo Delgado nie skroom om vuil te baklei in dié guerrillastryd nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.