Ontmoet De Akker se bewaker van 14 jaar

VAN SOKKERSTER TOT MOTORWAG

Ontmoet De Akker se bewaker van 14 jaar

In Stellenbosch se Dorpstraat is twee bastions van bekendheid: die een die ikoniese De Akker-kroeg, op die hoek van Dorp- en Hertestraat, en die ander is ’n bewaker, ’n superheld in ’n neongroen baadjie, wat al jare lank die veiligheid in Hertestraat bewaar. HENRY CLOETE gesels met Basil Peterson.

SOMS dink jy Stellenbosch het darem baie verander die afgelope twee dekades. Dan, soos jy laatmiddag in Dorpstraat afwandel, hoor jy ’n effens beskonke stem iewers by ’n nabygeleë woonstelblok wat roep: “Jana! JAAANAAA!”. En jy dink … nie só baie nie.

In einste Dorpstraat is twee bastions van bekendheid vir dié wat ná ’n geruime tyd na die dorp terugkeer. Die een is die ikoniese De Akker-kroeg, op die hoek van Dorp- en Hertestraat. Die ander is ’n bewaker, ’n superheld in ’n neongroen baadjie, wat al vir meer as 14 jaar die veiligheid in Hertestraat bewaar.

Maar sy naam is nie Batman nie. Sy naam is Basil Peterson. Basil wat, erken hy met ’n snak in sy asem, vanjaar 60 word. Nietemin is hy klokslag aan diens as motorwag en parkeerplekaanwyser, elke dag van 17:00 af. In die grendeltyd klok hy ongeveer 22:00 uit (wanneer die kroeë en restaurante sluit), maar in “gewone” tye is hy maklik tot vieruur soggens aan diens. “Jy raak dit maar gewoond,” sê hy met ’n wrang laggie oor die energievlakke...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.