ONLANGS ry ek deur die Parys-omgewing op pad na Johannesburg, en by die Vaalrivier trek die donkerpers reënwolke saam. Dit maal en kolk en lê laag oor die pad. Jou moed sink, want jy weet jy moet daardeur, en die stortvloed gaan jou tref. Die eerste blink, vet druppels slaan teen jou voorruit vas: Hier kom dit.
Só voel ek hierdie week terwyl ek na JJ Tabane se onderhoud met die voormalige staatsveiligheidsminister Bongani Bongo kyk.
Bongo het 'n donker politieke loopbaan. Benewens sy kortstondige romanse met intelligensiedienste was hy deel van die span wat die onbekwame Busisiwe Mkhwebane as openbare beskermer aangestel het. Bongo is sedert 2019 voorsitter van die parlementêre komitee oor binnelandse sake – ook 'n onbegryplike aanstelling. En wat die Universiteit van Limpopo in hom sien as president van die konvokasie, weet nugter alleen...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.