Wapenskandaal: Hiér lê die wortels van staatskaping

DIE KEERPUNT

Wapenskandaal: Hiér lê die wortels van staatskaping

Dit was die oomblik dat die ANC as regerende party sy morele kompas kwytgeraak het; die aankoop van gesofistikeerde fregatte, vegvliegtuie, duikbote en helikopters wat in 1996 gefinaliseer is. Die epidemie van tenderbedrog, gunslone (kickbacks), roekelose oorbesteding en ondeursigtigheid het dáár begin. Dat die diewe en korruptes daarmee weggekom het, het korrupsie deel van die regerende ANC en die land se politieke kultuur gemaak, het die militêre korrespondent ERIKA GIBSON in April 2019 in dié spesiale verslag geskryf.

DIE nou ontslape oudminister van verdediging Joe Modise het in 1996 profetiese woorde gehad oor die weermag van die toekoms én die motivering vir destyds se duur wapentransaksies of strategiese wapenpakkette (strategic defence packages of SDP’s). Hy het die grondslag die drie “M’s” genoem: “money, machines and military personnel”.
Hy het waarskynlik nooit kon voorsien nie dat die SDP’s, maar veral twee van sy M’s – mense en geld – sou meehelp om die weermag te reduseer tot ’n skadu van die klein, maar moderne mag wat die land sou beskerm én ’n beduidende rol in Afrika sou speel.
’n Fraksie van die toerusting word nog gebruik. Die res staan in onbruik gestoor, terwyl die weermag stadig maar seker doodgebloei het.
Modise se drie M’s het toe effens anders uitgewerk. Eers was dit geld – omkoopgeld – wat die ANC en ’n paar individue se koffers in die keuse van die fregatte, duikbote, helikopters en vegvliegtuie aangevul het.

Fana Hlongwane was een van die ander M’s – die man wat immers destyds tydens die wapentransaksies Modise se spesiale raadgewer was. Tydens die Seriti-kommissie van ondersoek na die beweerde korrupsie tydens die transaksies het Hlongwane getuig dat hy niks verkeerd gedoen het nie.
Tog loop sy naam deur die verloop van staatskaping van toe af tot met die Gupta-transaksies soos ’n goue draad. Hy het in Denel se direksie gedien. Denel is een van die staatsondernemings wat tans op die randjie van finansiële ondergang huiwer weens die inmenging van die Gupta-luitenant Salim Essa, wat met die wapenvervaardiger VR Laser wou seker maak die Guptas vind baat by Projek Hoefyster. Dié is veronderstel om aan die weermag nuwe gevegsvoertuie van nagenoeg R10 biljoen te lewer. Die projek is reeds meer as ’n dekade agter op skedule. Essa se VR Laser is gelikwideer en Hlongwane bly in ’n luukse huis in Johannesburg sonder enige kwellings.

Mcebisi Jonas, die voormalige adjunkminister van finansies, het onlangs voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig dat Hlongwane hom mislei het om ’n vergadering by die Guptas se huis in Saxonwold by te woon. Duduzane Zuma was ook daar. Dit was dáár dat die Guptas vir Jonas R600 miljoen aangebied het as hy bereid sou wees om die pos van minister van finansies te aanvaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.