DIE Burgerlugvaartowerheid (BLO) het reeds bevestig dat ’n ondersoek gelas is na ’n voorval tydens die opstyging van Vlug SA6272 die aand van 26 Februarie uit Brussel. Kabelo Ledwaba, BLO-woordvoerder, het ook bevestig dat die owerheid wil weet hoekom dié voorval, wat ingevolge die regulasies binne 72 uur deur die SAL by die owerheid aangemeld moet word, eers op die aand van 17 Maart aangemeld is.
Volgens lugvaartkenners was dié voorval inderdaad wat in lugvaartterme as ’n “Alpha floor”-voorval bekend is. Dit gebeur wanneer die vliegtuig – ’n Airbus A340-600 in dié geval – se geoutomatiseerde brein basies die vliegwerk oorneem omdat hy ’n probleem met die vlieëniers se hantering bespeur het.
Wat in so 'n geval ook gebeur, is dat dieselfde stelsel outomaties die voorval aan die vervaardigers van die vliegtuig (Airbus) en van die enjins (Rolls Royce), sowel as aan die SAL se tegniese afdeling (SAAT) rapporteer. Op sigself kan so ’n voorval dodelik wees, maar vlieëniers, soos enige mense, maak soms foute...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Moord en doodslag in Mosambiek