GENL.MAJ. NOEL NDHLOVU, die adjunk-geneesheer-generaal, het hofstukke vir ’n dringende aansoek in die hooggeregshof in Desember ingedien toe hy reeds drie maande by die huis gesit het weens sy skorsing, oftewel “spesiale verlof”. Luidens die hofdokumente vat hy Nosiviwe Mapisa-Nqakula (minister van verdediging en militêre veterane), genl. Solly Shoke (weermaghoof) en die hele militêre bevelsraad aan oor sy skorsing.
Die aansoek volg nadat hy vergeefs en herhaaldelik gevra het dat die saak teen hom na ’n punt toe moet beweeg omdat dit sy professionele integriteit as mediese dokter aantas. Sy vrou, Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu, is kort voor sy skorsing gearresteer weens ’n beweerde gekonkel met die toekenning van tenders vir die weermag (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2020-10-23-ag-man-dit-gaan-lekker-in-die-army/).
Ntsondwa-Ndhlovu is op R80,000 se borgtog vrygelaat nadat sy in die Pretoriase handelshof aangekla is weens korrupsie en bedrog van nagenoeg R100 miljoen met vervoerkontrakte vir die weermag namens haar maatskappy, Umkhombe Marine...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.