Ons moet praat. Oor die dood. Sodat ons nou beter kan lewe.

STERWENSBEGELEIDING

Ons moet praat. Oor die dood. Sodat ons nou beter kan lewe.

Die pandemie het die dood nader gebring. Dit voel minder abstrak. Meer intens. In ons midde. Nie iewers in die toekoms nie, maar hier, tussen ons en die winkelrakke van die plaaslike supermark. ANNELIESE BURGESS kyk na wat kenners sê oor hoe ons kan vrede maak met die dood sodat ons met minder vrees kan lewe.

ONS almal ken of wéét van mense wat aan Covid oorlede is.  En dit voel asof dit net nie ophou nie. Sosiale media lees soos ’n rollende doodsberig.

Mense vertel oor en oor en oor van geliefdes wat deur Covid “geneem" is. “My pa." “My oom." “Vier van my neefs." “My swaer." “My ma." “’n Man en vrou op dieselfde dag." “My broer." “Twee susters." En alhoewel daar natuurlik baie (baie!) meer mense is wat Covid oorleef (en sal oorleef) is dit die dood wat by ons spook.

Ons is omring met verhale van dood omdat baie mense dit nie oorleef nie. In Suid-Afrika het ons in die eerste week van Januarie die hoogste getal sterftes (https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2021-01-13-covid-19-carnage-continues-as-deaths-set-new-record-for-second-successive-week/) tot nog toe gehad weens die bykomende sterftes van Covid...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.