Trump: Blink Stefaans word Stink Stefaans

INSURREKSIE-SWEER ETTER NOG

Trump: Blink Stefaans word Stink Stefaans

Ná die insurreksie is dit nou almal teen almal onder die Republikeine en 'n hewige leierstryd woed om 'n moerige en gewonde Donald J. Trump op te volg, skryf ARRIE ROSSOUW. Maar hulle kan mekaar maar aan die gat hap, die geldkrane is aan die opdroog.

FORT COLLINS, COLORADO – Donald Trump het sy PGA verloor. Dit moes hulle nie aan hom gedoen het nie. Hy was siedend. Dis verlangs vergelykbaar met P.W. Botha wat in die 1980's sy “air superiority" verloor het oor die Angolese lugruim.

Nee, dis eintlik erger. Deur 'n PGA-gholftoernooi van een van sy topgholfklubs, Bedminster in New Jersey, weg te vat uit vergelding vir sy aandeel aan die bloedige, regse insurreksie in die Amerikaanse hoofstad op 6 Januarie, het die Professional Golf Association die Trump-organisasie 'n finansiële knou ter waarde van miljoene dollars toegedien.

En ons weet, as jy aan Donald Trump se persoonlike sak raak, steek jy 'n spreekwoordelike dolk in sy hart. En hy vergeet nooit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.