EFF verbrou opsie vir armstes

VOEL VERE VIR VOETSOOLVLAK

EFF verbrou opsie vir armstes

Die DA se verval is dalk 'n tragedie vir mededingende politiek, maar die EFF se ontrafeling is 'n ramp in dié sin dat nog 'n geleentheid vir 'n stem vir die mees ontmagtigde mense daarmee heen is, skryf PIET CROUCAMP. Brood-en-botter-kwessies is immers 2021 se grootste uitdagings en die politieke speelveld is gedek vir die EFF soos 'n onthaal vir onredelikes.

EK wonder of Covid-19 nie die mat van onder die EFF uitgetrek het nie. Die mees onlangse tussenverkiesings wys weinig groei onder kiesers, en die waarskynlikheid dat die EFF 'n munisipale of dorpsbestuur ná 2021 se plaaslike-regeringverkiesings gaan oorneem, is steeds uiters onwaarskynlik. 

Die feit dat die EFF se openbare teater – die wetgewers – die afgelope jaar grootliks wanfunksioneel was, het die rooi barette van hulle doeltreffendste openbare platform ontneem. Sosiale media het eenvoudig nie die reikwydte vir doeltreffende kommunikasie tussen 'n politieke party en die stempubliek om groot getalle tot by 'n stembus aan te moedig nie. Boonop wil dit voorkom asof die media se aanvanklike beheptheid met die EFF-leierskap se drama 'n meer skeptiese insinking beleef.

Daar word dikwels geredeneer dat Julius Malema nie werklik belangstel om politieke stelsels te bestuur nie. Sy destruktiewe politiek is daarop ingestel om te manipuleer en om kiesers in die knyptang van Suid-Afrika se teenstrydighede gevangene te hou. Tog behoort die voetsoolpolitiek van Suid-Afrika ruim traksie te bied aan 'n party wat fokus op die brood-en-botter-politiek van oorlewing in 'n onvrugbare markekonomie en die versmorende ontoeganklikheid van liberale politieke mededinging...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.