GENL.MAJ. Mzikayise Tyhalisi is een van die sentrale figure in die debakel om die onwettige Covid-medisyne wat uit Kuba na Suid-Afrika ingesmokkel is. Nou duik sy naam ook op in die begrafniskwessie.
In een geval is ongemagtigde uitgawes van R254,000 aangegaan om nagenoeg 1,000 begrafnisgangers kos te gee. In drie ander gevalle is onderskeidelik R153,000, R70,000 en R35,000 vir soortgelyke addisionele begrafnisonthaaldienste opgedok. Dié uitgawes het boonop nie die uitgawes ingesluit vir items soos soldate en kanonwaens wat deel van die formele verrigtinge was nie.
Die betrokke uitgawes was vir BBP’s en ander gaste, terwyl die betrokke soldate die gewone rantsoene gekry het wat deur hul onderskeie eenhede betaal is...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.