Mankolieke leër vind geld vir splinternuwe uniforms én oefendrag

AANVALLIGE SOLDATE

Mankolieke leër vind geld vir splinternuwe uniforms én oefendrag

Die weermag is in 'n krisis, met ongekende begrotingstekorte wat ‘kritieke afmetings' aanneem, het die verdedigingsminister vroeër vanjaar gekla. Maar nou, te midde van mankolieke toerusting, te veel stokou troepe en te min geld vir die jongeres se opleiding, het 'n splinternuwe uniform vir die leër, kompleet met ‘vleiende vroulike kamoeflering' skielik 'n prioriteit geword. ERIKA GIBSON probeer die kwessie ontrafel.

DIE tekorte in die verdedigingsbegroting is niks nuuts nie. Trouens, met Tito Mboweni se begrotingsdebat vroeër vanjaar was dit duidelik dat hy ook nie meer vir die weermag se klagtes val nie, en hy het die snoeiskêr nog 'n slag ingelê om besteding verder in te kort.

'n Week gelede met die verwoestende Kaapse brande het die lugmag 'n skamele een Oryx vir twee ure beskikbaar gehad terwyl die Universiteit van Kaapstad en omstreke onder die vlamme deurgeloop het.

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se retoriese klagtes dat die weermag eintlik lank reeds dieper as die been moet sny om met sy geld uit te kom, gebeur so gereeld dat dit glad nie meer inslag vind nie. Die arme soldate op die grond moet spook en spartel om met spanners en bloudraad op die reuk van oliedampe voertuie en vliegtuie aan die gang te hou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.