Ag man, dit gaan lekker in die ‘army’

SALUUT!

Ag man, dit gaan lekker in die ‘army’

Maserati’s, luukse huise, oorsese reise en les bes, doodsdreigemente is alles deel van die bose uitbuiting van weermaggeld vir eie gewin wat klaarblyklik tot op generaalsvlak hoogty vier. Geen wonder nie dat kenners meen as daar een departement is waar die spinnerakke afgestof en dié wat in donker hoeke skuil, onder hul alies geskop behoort te word, dit juis die departement van verdediging is. ERIKA GIBSON het na van die vergrype gaan kyk.

DIT was juis die Maserati wat onlangs die volk laat regop sit het toe die vrou van die adjunk-geneesheergeneraal van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD) gearresteer is weens bedrog en korrupsie van ver meer as R100 miljoen.

Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu (47) is in die Pretoriase handelshof op borgtog van R80,000 vrygelaat nadat dié oudlugwaardin van die SAL glo onregmatig twee tenders vir die vervoer van weermagtoerusting uit Soedan en die Demokratiese Republiek van die Kongo tussen 2014 en 2016 bekom het.

Haar man, dr. Noel Ndhlovu, is ’n mediese dokter wat toevallig in dié tyd die SAMGD se verteenwoordiger by die weermag se afdeling gesamentlike operasies was. Dié afdeling hanteer al die buitelandse en binnelandse ontplooiings van die weermag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.