’n Donker Donderdag vir die SA vlieggemeenskap

DOODSVLUGTE

’n Donker Donderdag vir die SA vlieggemeenskap

Twee vliegongelukke het van 21 Januarie ’n donker Donderdag gemaak. Albei dié ongelukke het ’n onmeetbare verlies aan kundigheid beteken, en minstens 10 jong kinders sonder ’n pa gelaat. Die aanloop tot die twee ongelukke behoort besluitnemers tot besinning te ruk, want dinge kon dalk baie anders verloop het, skryf ERIKA GIBSON.

JANUARIE was tot dusver ’n slegte maand vir die plaaslike lugvaartgemeenskap, met vyf helikopters en twee bespuitingsvliegtuie (cropsprayers) wat met of sonder lewensverlies in ongelukke betrokke was.

Verlede Donderdag was van meet af vol ellende. Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg ’n verlore stryd teen Covid-komplikasies baklei. Netcare se Bell 430-ambulanshelikopter het terselfdertyd gereedgemaak om nóg ’n baie siek Covid-pasiënt in Hillcrest in KwaZulu-Natal te gaan haal vir behandeling in dié hospitaal.

Die span medici aan boord was aan die voorpunt van ’n mediese ingryping genaamd ekstrakorporeale membraan-oksigenasie (ECMO) as laaste uitweg om Covid-pasiënte se lewens te probeer red...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.