Hoër onderwys moet dringend wegbreek uit al dié verstokte...

DEMOKRATISERING VAN KENNIS

Hoër onderwys moet dringend wegbreek uit al dié verstokte maniere van doen

Die finansiering van studente is nie net burokrate of aktiviste se probleem nie, skryf PIET CROUCAMP, dis ons almal s'n. As universiteite, akademici en ander rolspelers nie vars daaroor kan dink nie, wag 'n onbestendige toekoms waar baie vooruitgang prysgegee sal moet word.

DIS verstommend hoe die gesprek oor die koste van akademiese opleiding en alternatiewe befondsingsmodelle vir hoër onderwys oorgelaat word aan studente-aktiviste en burokrate in die staat. Aan universiteite is dit die amptenary wat wroeg om tegnokratiese oplossings te vind vir ’n probleem wat eintlik die hele samelewing op verskillende maniere beïnvloed. Relatief min navorsing of formele gesprekke vind plaas tussen akademici om oplossings te bedink vir die trein van politieke onbestendigheid wat die hoëronderwys-tonnel binnestoom.

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se sakeskool het die afgelope week ’n gesprek begin juis met die doel om in die konteks van die krisis om die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) krities te kyk na toekomstige befondsingsmodelle en die “demokratisering van kennis”.

Tans is die primêre funksie van die amptenary aan universiteite om voornemende studente uit te sluit op grond van die beperkinge wat deur fisieke infrastruktuur gestel word. Dié filosofie van uitsluiting moet plek maak vir een van insluiting, enersyds ter wille van toeganklikheid as ’n vorm van demokratisering, maar ewe belangrik ook omdat kennis en innovasie baat sal vind by die diversifikasie van idees. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.