Die vlieë kies versigtig hul vashouplek aan die ANC se...

BINNEPOLITIEK

Die vlieë kies versigtig hul vashouplek aan die ANC se klewerige spinnerak

Die vergadering van die ANC se topses in die muwwe kantore van Luthulihuis, en die mediaverklaring daarna, vertel ons heelwat van die magsverhoudinge binne die eens glorieryke bevrydingsbeweging, skryf PIET CROUCAMP.

DIT is selfs moontlik om uit die vergadering en die gebeure daarna afleidings te maak oor die werklike magsbasis van pres. Cyril Ramaphosa se vyande en opponente binne die ANC-strukture, en ook om die slotsom te verdedig dat daar nie genoeg ruimte vir kompromieë tussen hulle is om ’n terugvegpoging te orkestreer nie.

Jacob Zuma, Ace Magashule, Bongani Bongo, Nomvula Mokonyane, Brian Molefe en Hlaudi Motsoeneng het net die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se jag op hulle gemeen; verder is hulle belange te uiteenlopend om ’n gemeenskaplike disposisie in weerwil van die openbare mening te verteenwoordig.

Op die vergadering Maandag tussen Luthulihuis en Zuma was dit duidelik dat enige steun wat daar dalk vir sy saak kan wees, nie ’n eenvormige opinie verteenwoordig nie. Ná afloop van dié uitmergelende gesprek kon Zuma nie ’n enkele stem in die topses vind wat sy saak onomwonde steun nie. Selfs Magashule se inkoop op die argument dat Zuma se regte deur die Zondo-kommissie geskend word, is gekwalifiseer met ’n bevestiging dat die Grondwet eerbiedig moet word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.