Verspreiding van entstof gaan ons kos

VAN KADER NA TENDERPRENEUR

Verspreiding van entstof gaan ons kos

Wanneer pres. Cyril Ramaphosa verklaar dat swart entrepreneurs 'n rol en funksie in die verspreiding van Covid-19-entstowwe het, herbevestig hy die waarde van 'n denkwyse wat Suid-Afrika tot nou toe baie duur te staan gekom het, skryf PIET CROUCAMP.

SWART entrepreneurs moes eerder geleenthede gekry het wat entstof-vervaardiging betref of die kans om die infrastruktuur te skep wat dit moontlik sou maak om die entstof in elke uithoek van die land te kry. Daar waar Clicks of Mays se apteke nie is nie en waar die meeste armes van die land eerder oorleef as bestaan.

Tans is dit totaal onduidelik hoe 'n staat wat onbeholpe is met die uitbetaling van toelaes aan 17 miljoen armes, nou aan 50 miljoen Suid-Afrikaners 'n billike geleentheid gaan gee om ingeënt te word. Dit is hier waar 'n mededingende netwerk van swart entrepreneurs geleenthede kon kry om 'n institusionele geheue van effektiwiteit op te bou deur gebruik te maak van 'n kombinasie van staatsfondse en privaat finansiering. Die ruim welwillendheid van internasionale organisasies soos die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sou boonop so 'n onderneming kon bystaan met vaardighede.

Dink maar net aan die ongelooflike werk wat Gift of the Givers doen as 'n bloudruk vir ongedefinieerde genade in die veld tussen welvaart en behoefte. Imtiaz Sooliman vra nie net met die een hand en gee met die ander nie, hul empatie is 'n komplekse proses van innoverende denke en entrepreneurskap. Gift of the Givers ontvang nie net kapitaal nie, hulle genereer ook geld waarmee doeltreffende dienste gelewer word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.