Zuma was ons Putin, ons Mugabe, ons Mobutu. En kyk hoe lyk hy nou

NEGE MAER JARE

Zuma was ons Putin, ons Mugabe, ons Mobutu. En kyk hoe lyk hy nou

Net mooi drie jaar nadat hy as president moes bedank, is die laaste hoofstukke van die rillerverhaal van Jacob Zuma se nege katastrofiese jare besig om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te ontvou. Suid-Afrikaners het oor die jare in die media oor van die vergrype gelees, maar die skaal en besonderhede daarvan is skokkend. Die onthullings wys uit wie en wat die anti-Ramaphosa-faksie werklik is – en nou moet die strafsake van die hoofakteurs begin, skryf MAX DU PREEZ.

WIE sou kon dink dat so iets in Suid-Afrika, ’n land met ’n sterk grondwet en ’n oop gemeenskap, moontlik was?

Vir meer as vyf jaar het Suid-Afrika sonder ’n SVA, ’n staatsveiligheidsagentskap, gesit. Daar was net ’n ZVA: ’n Zuma-veiligheidsagentskap, met die opdrag om die president se vyande in die ANC te verwoes en biljoene rande te steel.

Jacob Zuma was ons Vladimir Putin, ons Robert Mugabe – amper ons eie Mobutu Sese Seko: ’n stamgebonde halfgod om wie die sikofante en lyfwagte saamgedrom het, met onbeperkte toegang tot die staatskas en geen respek vir die Grondwet en die wette van die land nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.