ANC-lojaliteit bo als en basta met die res?

UIT DIE MOND VAN DIE VOLGELING

ANC-lojaliteit bo als en basta met die res?

Die onlangse getuienis voor regter Zondo het bloot die waarheid bevestig dat 'n vorm van demokratiese sentralisme heers. In 'n heterogene land soos Suid-Afrika het kompromieë net die funksie om onvermydelike geweld te besweer, nie om politieke geskille te besleg nie, skryf PIET CROUCAMP.

ADJUNKMINISTER Dikeledi Magadzi het die afgelope week voor die Zondo-kommissie getuig dat haar lojaliteit jeens die ANC haar genoop het om nougeset uitvoering te gee aan haar party se koukusbesluite. Dit het die uitkomste van debatte wat in parlementêre komitees met haar as voorsitter gevoer is, ingesluit.

In die media, veral sosiale media, is pres. Cyril Ramaphosa gekruisig omdat hy haar as 'n adjunkminister aangestel het. Sy is voorgehou as die manifestasie van staatskaping en korrupsie. Die gebrek aan standaard- skolastiese verwysings in haar curriculum vitae is opgerakel om demokratiese sentralisme en party-lojaliteit te stigmatiseer as die misplaaste teoretiese gebroedsels van haar Leninistiese instinkte.

Die seksisme, rassisme, verwysings na haar fisieke asook die wanbegrip vir die teenwoordigheid van demokratiese sentralisme in byna alle wetgewers was 'n treurigheid op note. Dis nou as jy demokratiese sentralisme reduseer tot partylojaliteit soos wat die onnadenkende ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, dit die laaste tyd in 'n Daily Maverick-artikel gedoen het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.