Dáárom wikkel ouditeure met somme

OUDITS: DIE DUN GRYS LYN

Dáárom wikkel ouditeure met somme

Grootskeepse staatskaping en korrupsie is moontlik omdat ouditeure hul oorsigfunksie prysgee. En dít gebeur weer omdat die regering 'n kultuur van integriteit vernietig, skryf PIET CROUCAMP.

DIE Noordwes-Universiteit se bestuurskool het die afgelope week 'n aanlyn dinkskrum gehou met die ouditberoep van Suid-Afrika in die visier. Dit is 'n ontstellende besef dat staatskaping en korrupsie net verstaan kan word wanneer dit filtreer word deur wat die afgelope twee dekades in die ouditeursbedryf gebeur het.

Die veronderstelling is dat dié beroep 'n verifiërings- en oorsigfunksie het met die doel om die algemene of openbare belang te beskerm. Om die waarheid te sê, die skrywers van ons Grondwet het doelbewus oorsig en verifiëring gekodifiseer om die publiek te beskerm teen die vergrype van politieke elites. 

Dit het die staatskapers 'n hele rukkie geneem om by die senuweestelsel van ons demokrasie uit te kom, maar teen die tyd dat oudpres. Jacob Zuma sy laaste moedverlore gesang gesing het, was politieke oorsig in die wetgewers tot op die grond afgetakel en finansiële verifiëring bloot 'n byproduk van die magsverhoudinge in die patronaatskapnetwerk. Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het nooit werklik herstel van die wapenskandaal nie, maar eintlik was dié komitee se verval net tekenend van ANC-parlementslede se sikofantiese partylojaliteit wat die uitvoerende gesag teen oorsig in die nasionale vergadering beskerm het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.