Ons gaan nog lank met Gordhan se gebakte SAL-pere sit

BELASTINGGELD HET VLERKIES

Ons gaan nog lank met Gordhan se gebakte SAL-pere sit

Die ‘nuwe’ SAL word deur ydelheid, politiek en 'n geloof in staatsgedrewe ekonomiese ontwikkeling gedryf, skryf PIET CROUCAMP. Die lugdiens was onvolhoubaar en só sal dit helaas bly.

DAAR was eens tekens dat die ANC bereid was om hul beheptheid met die SAL te laat vaar. Dit was duidelik dat die staatskas nie meer die staatsondernemings kon befonds nie en die Suid-Afrikaanse Lugdiens het boonop 'n apartheidsgeurtjie gehad.

Baie parlementariërs het verkies om Safair te vlieg omdat dié lugdiens eenvoudig net meer stiptelik was. Kabinetslede asook lede van wetgewers vlieg byna weekliks en die gedraal op lughawens terwyl die SAL inderhaas vlugte herskeduleer is 'n pynlike ervaring vir mense wat hulself belangrik ag. Vir 'n lid van die kabinet is dit eksponensieel moeiliker. 

Toe Tito Mboweni einde 2019 op Twitter 'n opmerking gemaak het dat die SAL net die blinkgatte teen 'n premie vir die belastingbetaler vervoer, was daar nie veel opspraak binne die formele strukture van die ANC nie. Buiten dalk vir die gebruiklike protes dat die minister van finansies nie beleid kan formuleer in niks meer as 'n voorskoot in sy plaaskombuis nie. Die president was aanvanklik ook tjoepstil wat die toekomsplanne vir die SAL betref. Op drie kabinetsvergaderings voordat die SAL in sakeredding geplaas is, was die lugdiens nie in besonderhede ter sprake onder die ministers nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.