DIT was vreemde tye. Onrus in die lug. Casspirs en soldate. Mans met snorre en grys skoene. Bosoorlog. Baasskap. Kubane. Sensuur. Verbannings. Mense wat verdwyn.
Die NG Kerk met sy skerp kerktorings wat soos PW Botha se vinger waarsku teen die Swart, Rooi en Roomse Gevaar. In hierdie versmorende atmosfeer sit ek as 17-jarige in 1981 by die openingsaand van ’n vertoning in die Baxter. Ek het geen verwagtinge nie. My vriend, die akteur Limpie Basson (saliger), het my genooi.
Ek is ’n leerling van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad waar dit by ons ingedril word om alle gesag te respekteer, om nie die status quo te bevraagteken nie en om kadetparades by te woon anders voel jy die woede van ’n rottang. (Wat het die meisies gedoen tydens “kadette”, wonder ek nou?)..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.