Dis aftreetyd vir die aftree-oord

Dis aftreetyd vir die aftree-oord

Die segregasie van ouer mense in geslote gemeenskappe is sekerlik een van die verbysterendste sosiale tendense die afgelope 100 jaar. Daarby gaan selfs die luuksste en duurste ‘leefstyl’-gedrewe aftree-oord gepaard met ’n verlies aan outonomie, en die stroewe voorspelbaarheid van die volgehoue-sorg-model. ANNELIZE VISSER stel die saak vir ’n nuwe aftreeplan.

SY was in enigiemand se boek ’n moedswillige vrou. ’n Militante Franse feminis wat haar teen haar geliefde Katolieke Kerk se minagting van vroueregte verset het, in Parys se strate teen die oorloë in Indo-China en Algerië protesteer het, en haar oor vroulike slagoffers van geweld ontferm het.

Maar selfs aktiviste word mettertyd deur die ouderdom ingehaal, en op 73 het Thérèse Clerc aan aftree begin dink. Sy het deeglik besef dat om by iemand anders se reëls en roosters in te skakel, haar nie sou pas nie.

Haar aftreeplan was om ’n selfbeskikkende aftree-oord vir vroue te stig waar hulle vry, onafhanklik en sinvol kon leef, maar mekaar sou ondersteun. Vir dié doel het sy ’n sesverdieping-gebou in die voorstad Montreuil laat oprig, en die Franse regering se sak geskud vir €4 miljoen. Dit was op grond daarvan dat die inwoners nie van ander staatsbronne afhanklik sou wees nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X