’n Prettige reis met eindelose moontlikhede

OPWAARTS!

’n Prettige reis met eindelose moontlikhede

Daar is 'n nuwe wind wat waai op Tafelberg. ANNELIZE VISSER gesels met Giselle Esau, die nuwe handelsmerk- en bemarkingsbestuurder van die kabelspoormaatskappy wat vasberade is om jou teen die berg uit te kry.

INDIA-venster is een van die mooiste, maar nogal bedrieglikste staproetes teen Tafelberg. Die roete sny ’n vindingryke paadjie tussen indrukwekkende kranse deur. Dit verg klouter, en as jy boonop nie ’n kop vir hoogtes het nie, laat die smal rotslysies jou in jou spore vries.

Dis nie heeltemal wat Giselle Esau in gedagte gehad het toe haar Amerikaanse kêrel, Tyler Hoegger, haar op ’n mooi wintersoggend verlede Julie nooi om ’n ent te gaan stap nie.

“Ek was angsbevange,” sê sy. Toe sy in ’n stadium afkyk en besef daar is nie ’n uitkomkans nie, het die trane geloop, en toe hulle uiteindelik bo kom, het sy daarop aangedring dat hulle met die kabelkarretjie afry. Dit was die eerste keer sedert sy sewe jaar oud was dat sy op dié manier teen een van die wêreld se sewe natuurwonders afgegly het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.