’n Koalisie van redelikes en pragmatiste is al wat hierdie...

GRONDWET IS DIE VERTREKPUNT

’n Koalisie van redelikes en pragmatiste is al wat hierdie land kan red

As deel van die ANC se stryd om oorlewing – én wat goed is vir Suid-Afrika – begin al hoe meer stemme opgaan vir ’n nuwe politieke party wat uiteindelik die bevrydingsbeweging kan vervang, skryf PIET CROUCAMP.

DIE gesprek om ’n nuwe politieke party wat uiteindelik die ANC kan of sal vervang is ’n nuwe verskynsel wat betref die oorlewing van die bevrydingsparty.

Die verwagting dat die ANC kan skeur, of dat die drieparty-alliansie sal opbreek weens middelpuntvliedende kragte, was altyd deel van die nasionale diskoers. Die gesprek oor ’n nuwe politieke formasie bestaande uit eendersdenkendes wat die land kan regeer, is iets heeltemal anders. Die veronderstelling is dat ’n nuwe politieke samestelling van sogenaamde redelikes sal byeenkom en ’n party stig met die Grondwet as fokus wat betref die spelreëls en waardes van politieke gedrag en mededinging. So ’n party sal moet bestaan in weerwil van die romantiek van die bevrydingstryd, en ideologies onafhanklik onder ’n vaandel van pragmatisme. 

Om die proses aan die gang te kry sal ’n werklike revolusie binne die ANC moet plaasvind. Tans is die stryd in verskeie instellings en forums aan die gang met die uitgesproke intensie om Suid-Afrikaanse politiek te reinig van die onredelikes. Die onredelikes is die korruptes of aktiewe lede van die staatskapingsregime, maar waarskynlik ook die politieke elites in die opposisiebanke met ideologiese en sektariese koesteringe wat die kohesie en konsensus van die Grondwet uitdaag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.