Pres. Cyril Ramaphosa het geen kans om Suid-Afrika uit die staatskapingmoeras te red indien hy nie die skrootwerf van sy eie politieke tuiste opruim nie, skryf PIET CROUCAMP.
DAAR is 'n heel verklaarbare maar onwyse fiksasie in wit Pretoria en die media met die ontkapingsproses van die staat onder Cyril Ramaphosa. Eintlik was die aanstelling van 'n nuwe bestuurspan by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die regruk-operasie by staatsondernemings soos Eskom die laaghangende piesangs vir die Buffelboer.
Aansienlik meer indrukwekkend is die wyse waarop hy die historiese en gekodifiseerde magsverhoudings binne Luthulihuis herkarteer het. Sy soft-shoe shuffle in die hoofkwartier is 'n meer werklike indikasie van sy huidige magsposisie.
Die twee presidente wat sedert die Polokwane-konferensie hul poste voortydig moes ontruim, is al twee onder begeleiding van Luthulihuis se topses uit hul ampte. Die finale besluite is in albei gevalle deur die uitvoerende komitee bekragtig, maar die komplot was in die hoofkwartier gesmee. Gwede Mantashe was in albei gevalle in die hart van die muitery, en as Ramaphosa nie die mas opkom oor die volgende twee jaar nie, sal die sukkelende beesboer van Elliot weer op die toneel wees. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
TAKTIESE BESTUUR
Cyril en die soft-shoe shuffle
Pres. Cyril Ramaphosa het geen kans om Suid-Afrika uit die staatskapingmoeras te red indien hy nie die skrootwerf van sy eie politieke tuiste opruim nie, skryf PIET CROUCAMP.
Deel
DAAR is 'n heel verklaarbare maar onwyse fiksasie in wit Pretoria en die media met die ontkapingsproses van die staat onder Cyril Ramaphosa. Eintlik was die aanstelling van 'n nuwe bestuurspan by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die regruk-operasie by staatsondernemings soos Eskom die laaghangende piesangs vir die Buffelboer.
Aansienlik meer indrukwekkend is die wyse waarop hy die historiese en gekodifiseerde magsverhoudings binne Luthulihuis herkarteer het. Sy soft-shoe shuffle in die hoofkwartier is 'n meer werklike indikasie van sy huidige magsposisie.
Die twee presidente wat sedert die Polokwane-konferensie hul poste voortydig moes ontruim, is al twee onder begeleiding van Luthulihuis se topses uit hul ampte. Die finale besluite is in albei gevalle deur die uitvoerende komitee bekragtig, maar die komplot was in die hoofkwartier gesmee. Gwede Mantashe was in albei gevalle in die hart van die muitery, en as Ramaphosa nie die mas opkom oor die volgende twee jaar nie, sal die sukkelende beesboer van Elliot weer op die toneel wees. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelPiet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.