Denel: afgetakel tot in die grond in, en niemand gee ’n dooie ...

SPYT GAAN TE LAAT KOM

Denel: afgetakel tot in die grond in, en niemand gee ’n dooie duit om

Die eens hoogs suksesvolle staatsbeheerde onderneming Denel is besig om 'n stille dood te sterf, maar omdat min mense regstreeks daardeur geraak word, gee niemand skynbaar veel om nie, skryf ERIKA GIBSON.

DIE Guptas en hul gunsteling-luitenant, Salim Essa, was in 2018 al goed ingegrawe in die wapenvervaardiger se binnewerke. Dié eens trotse verskaffer van biljoene rande se wapentuig het immers jaarliks met die wêreld se bestes vergelyk, en die staatskapers het vinnig agtergekom dat daar gedurende apartheid uiters waardevolle intellektuele eiendom (IE) met bloedsweet tydens die Grensoorlogjare ontwikkel is.

Daar was eenvoudig nie elders ’n mynbestande pantservoertuig wat kon kers vashou by die Casspir en verwante modelle nie. Missieltegnologie, hommeltuie, die Rooivalk-aanvalshelikopter en natuurlik die G5- en G6-kanonne het jaarliks biljoene rande se winste vir Suid-Afrika verseker en werk aan duisende primêre en sekondêre kontrakteurs gelewer.

Dit was ook die primêre verskaffer van wapentuig en ammunisie aan die weermag, en waarsonder dié steeds nie kan klaarkom nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.