Silwer jakkals in ’n Panamahoed: Limerence is verleidelike ladlit

MINLIKE WETTER

Silwer jakkals in ’n Panamahoed: Limerence is verleidelike ladlit

'n Sjarmante skarminkel in Vincent Pienaar se nuwe roman steel DEBORAH STEINMAIR se hart. Scout is meestal platsak en altyd gladdemond. Hy is ook ’n gentleman, ’n ware heer. As jy in die 80’s in die omtrek van Hillbrow en Yeoville gewoon het, is hierdie boek ’n onweerstaanbare herinneringsreis.

WAT is “lovable rogue” in Afrikaans? Sjarmante skarminkel? Minlike wetter?

Die hoofkarakter en verteller in Vincent Pienaar se nuwe roman, Limerence, is ’n ou leeglêer en kuieraar wat ’n tafel se poot morsaf kan sjarmeer. In my kop lyk hy min of meer soos die skrywersfoto agterin die boek – silwerwit hare, geamuseerde blik, soort van blinkstefaans en halftaljaans.

Scout is om en by sewentig en ’n geliefde inwoner van Melville. Hy dra ’n wit Panamahoed met styl en drink goedkoop rooiwyn uit whiskyglase in plaaslike watergate. Hy is meestal platsak en altyd gladdemond. Hy is ook ’n gentleman, ’n ware heer. Sy woord is sy eer, al eet en drink hy op die boek. Toe hy een nag ’n kelnerin by haar woonstel in Brixton gaan aflaai sodat sy nie in die donker hoef te loop nie, gebeur daar iets wat die koers van sy lewe verander...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.