Queer op verskeie planete

LAAT DIE PRIDE-VLAE WAPPER!

Queer op verskeie planete

In Pride-maand skryf DEBORAH STEINMAIR oor The Stone Gods van Jeanette Winterson, een van haar rolmodelle: elegant, gender-vloeibaar en oneindig poëties, met ’n verbeelding so wyd soos die uitspansel.

DIS Pride-maand. Ek is nie seker hoe om daaroor te voel nie. Wanneer jy sê “pienk lewens maak saak”, beteken dit dis ’n kwessie, dis nie vanselfsprekend nie. Wanneer jy sê jy is trots om aan die reënboogkant van die genderspektrum te wees, beteken dit jy was al skaam daaroor. Jy is al skaam gemáák daaroor. Ja, slaan die simbale, begin die parade, laat die Pride-vlae wapper!

Buitendien is ek lief vir spektakel en glorie; glitters en die groteske. Parodie en uitspattigheid. Priscilla, Queen of the Desert. Ek hou van die onverwagte; die buitengewone roer my: Wanneer ek meer vroulike grasie as wat ek in my pinkie het, waarneem in ’n ses-voet-twee-vrou in nommer 12-hoëpolvye. Maar ook die doodgewone, buite konteks: ’n butch vrou in geruite hemp en kakiebroek met rasperstem en die fynste handjies, soos seesterre.

Toe ek klein was, lank voor ek oor my identiteit gewonder het, was daar eenmaal twee verliefde tieners op ’n perdekamp wat my verbeelding aangegryp het omdat hulle so ’n ongewone paartjie was: Sy was ’n robuuste tomboy en hy klein, fyn en sensitief. Sy het hom op haar rug rondgedra en hulle was gek oor mekaar. Is so ’n permutasie dus ook moontlik? het ek gewonder. Hoef dit nie Barbie en He-man te wees wat afhaak nie?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.