’n Moderne classic uit die moer geskryf

GESTRIP

’n Moderne classic uit die moer geskryf

Gerda Taljaard se nuwe boek, Vier susters, laat mens vir 'n oomblik anders na die lewe laat kyk, soos groot letterkunde maak, skryf DEBORAH STEINMAIR.

IN 1900 skryf Tsjekof Drie susters oor sterk vroue wie se lewens in 'n  groef verval het en wat verlang om terug te keer na Moskou, waar hulle eens gelukkig was. Maar dit gebeur nooit nie. In 2021 publiseer Gerda Taljaard Vier susters, oor susters op 'n plaas in Magoebaskloof – eiesinnige, sterk vroue wat in hul situasies vasgevang is. Ek lees dit in een Saterdagsitting deur omdat dit my totaal intrek.

Gits, hierdie boek moet jy lees. Aanvanklik dink ek: Nog 'n storie wat in of net ná 'n oorlog afspeel. Wil ek in hierdie dae weer lees oor die wreedheid van mense teenoor mense? Ek besef gou: Ek wil, ja, omdat die ware slagveld die psiges van die susters en die dinamika tussen hulle is. Omdat dit 'n mens vir 'n oomblik anders na die lewe laat kyk, soos groot letterkunde maak.

Op die eerste bladsy besorg die volgende sinne my hoendervel: “Toe raak ek bewus van die berg se grootsheid, dat daar 'n krag van hom uitgaan na my en alles om my. Vir 'n oomblik verstaan ek iets van die aarde en van sonnestelsels en van die mens se plek in die heelal. Daarna het daar 'n skadu oor die berg geskuif, oor my kortstondige insig, en het die rede vir ons bestaan my weer ontgaan.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.