Korrupsie kan kragskepe kelder

KARPOWERSHIP-KATASTROFE

Korrupsie kan kragskepe kelder

Die tender vir noodkrag van skepe in drie Suid-Afrikaanse hawens wat tot 2042 sal strek, is weens moontlike korrupsie en omgewingsbesware onder sterk verdenking, skryf MAX DU PREEZ.

DAAR is net meer as drie maande oor om 'n transaksie te stuit wat Suid-Afrika oor die volgende twee dekades baie duur te staan kan kom: die kontrak vir drie massiewe skepe wat in hawens gaan lê om noodkrag deur gasverbranding te verskaf.

Die departement van minerale bronne en energie het die maatskappy Karpowership SA as voorkeur-bieër aangewys. Die kontrak sal oor 20 jaar strek, en dit sal sowat R218 biljoen kos om 2,000 MW se elektrisiteit op te wek, onder meer om beurtkrag te help voorkom.

Karpowership bestaan uit die Turkse maatskappy Karadeniz en 'n plaaslike swartbemagtigingsmaatskappy. Die aangewese hawens is Saldanhabaai, Coega en Richardsbaai...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.