Nostalgie: Mandela oor Afrikaners, wit vrese en taal

NELSON EN DIE BOERE

Nostalgie: Mandela oor Afrikaners, wit vrese en taal

Die Afrikaner-Afrika-Inisiatief se onlangse berade en verklarings het MAX DU PREEZ se gedagtes meer as drie dekades teruggeneem toe hy die eerste joernalis was wat Nelson Mandela ná sy vrylating in Februarie 1990 aan huis gaan ontmoet het. Hulle het spesifiek oor die Afrikaner se rol in 'n post-apartheid-Suid-Afrika gepraat.

EK sit die oggend van 20 Februarie 1990 agter my lessenaar in Vrye Weekblad se ietwat chaotiese kantoor in Newtown, Johannesburg, toe die telefoon lui en die man aan die ander kant in Afrikaans sê: Goeiemôre, dit is Nelson Mandela wat praat.

Is dit 'n poets, of kan dit wel die legendariese Robbeneiland-ikoon wees wat 'n week tevore uit die tronk gestap het? Die aksent en die stem het my laat saamspeel, net ingeval dit wel hy is.

Dit wás toe Mandela. Ek het in 1989 'n ope brief aan hom in Vrye Weekblad geplaas omdat ek geweet het hy was 'n intekenaar en sou dit lees. Hy hét dit gelees, verseker hy my, en voel so sleg dat die tronkbase hom nie toegelaat het om te antwoord nie dat hy dit nou in persoon wil doen. Sy lyfwagte wil hom nie toelaat om Newtown toe te gaan nie, so sal ek omgee om die volgende dag by hom in sy huisie in Orlando-Wes te gaan tee drink?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.